Noordelike Alliansie

Noordelike Alliansie
Vlag van die Noordelike Alliansie
Vlag van die Noordelike Alliansie
Vlag van die Noordelike Alliansie
Gestig September 1996[1]
Ontbind Desember 2001
Land Afghanistan

Die Noordelike Alliansie (wat verkies het om bekend te staan as die Verenigde Front vir die Redding van Afghanistan; Persies: ‏جبهه متحد اسلامی ملی برای نجات افغانستان, Jabha-yi Muttahid-i Islāmi-yi Millī barā-yi Nijāt-i Afghānistān) was 'n groep van faksies wat 'n gemeenskaplike doel gehad het om die voormalige Talibanregime in Afghanistan omver te werp.[1] Dié Alliansie het weerstand gebied teen die Talibanbeweging wat hul beheer oor Afghanistan uitgebrei het van Kandahar in 1994 tot dit uiteindelik beheer oor negentig persent van Afghanistan teen September 2001 uitgeoefen het. Die Noordelike Alliansie se hoofkwartier was in Mazar-i-Sharif en het met Amerikaanse hulp die Taliban tot 'n val gebring teen Desember 2001.

  1. 1,0 1,1 https://fas.org/irp/world/para/northern_alliance.htm

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search